Serves:Genoeg vir 4 sosatiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
4 PnP Hoenderfilette, in groot blokkies gesny
4 repies PnP Repiesspek
60 ml (¼ k) PnP Grondboontjiebotter
15 ml (1 e) sojasous
15 ml (1 e) PnP Fyngekapte Brandrissie,
knoffel en gemmer
60 ml (¼ k) lemoensap
Instructions
1 Geur die hoender met sout en swartpeper en week 4 sosatiestokkies vir 10 min. in water. Ryg die hoenderblokkies om die beurt met die spek (vleg die spek tussendeur die hoender) op die sosatiestokkies. 2 Verhit ’n riffelpan of braai oor matige hitte. Braai die sosaties 4 min. aan elke kant of tot goudkleurig en gaar. 3 Meng die grondboontjiebotter, sojasous, gemmer, knoffel, brandrissie en lemoensap. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met die hoendersosaties.