Gebraaide hoender-en-spek-sosaties
Serves: Genoeg vir 4 sosaties
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 4 PnP Hoenderfilette, in groot blokkies gesny
- 4 repies PnP Repiesspek
- 60 ml (¼ k) PnP Grondboontjiebotter
- 15 ml (1 e) sojasous
- 15 ml (1 e) PnP Fyngekapte Brandrissie,
- knoffel en gemmer
- 60 ml (¼ k) lemoensap
Instructions
1 Geur die hoender met sout en swartpeper en week 4 sosatiestokkies vir 10 min. in water. Ryg die hoenderblokkies om die beurt met die spek (vleg die spek tussendeur die
hoender) op die sosatiestokkies.
2 Verhit ’n riffelpan of braai oor matige hitte. Braai die sosaties 4 min. aan elke kant of tot goudkleurig en gaar.
3 Meng die grondboontjiebotter, sojasous, gemmer, knoffel, brandrissie en lemoensap. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met die hoendersosaties.
Rooi Rose
Lees Meer
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024