410 g (1 blik) vrugtekelkie (gemengde ingelegde vrugte, nie vrugteslaai nie)
’n knypie sout
SOUS:
180 ml (¾ k) ingedampte melk
100 g (½ k) suiker
125 ml (½ k) klapper
’n knypie sout
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondvaste tertbak met ’n inhoudsmaat van sowat 750 ml deeglik met botter, of spuit dit met kleefwerende kossproei.
Meng die koekmeelblom, suiker, koeksoda, eier, geblikte vrugte en sout goed saam in ’n groot mengbak.
Giet die tertbeslag in die voorbereide tertpan en bak vir ±45 min. tot goudbruin.
Verhit die ingedampte melk, suiker, klapper en sout saam oor matige hitte. Roer deurentyd tot die suiker opgelos is en die sous begin borrel. Haal die kastrol van die hitte af en giet die sous oor die vrugtepoeding sodra dit uit die oond kom.