kategorieë: KosMaklik en vinnig

Gebakte vispannekoekies met ’n geurige kaassous

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 8 eiers
  • 1,5 liter (6 k) water
  • 1 liter (4 k) meel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • olie om mee te bak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geurige kaassous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1,6 liter

Vries hierdie kaassous in porsies van 250 ml en gebruik dit om vinnige aandetes soos gebakte lasagne of macaroni-en-kaas te maak.

  • 110 ml (1/3 k + 2 e) botter
  • 75 ml (¼ k + 1 e) koekmeel
  • 1 liter (4 k) melk
  • ’n raspertjie neutmuskaat
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas
  • 90 ml (¼ k + 2 e) Dijon-mosterd
  • hand vol Italiaanse pietersielie, gekap

Metode

  1. Klop die eiers en water saam tot skuimerig. Sif die meel, bakpoeier en sout by en klop tot ’n gladde beslag. Laat rus vir 30 min.
  2. Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige tot hoë hitte. Gooi die oortollige olie uit in ’n bakkie en hou eenkant.
  3. Gooi 60 ml (¼ k) van die beslag in die pan en kantel die pan tot die boom bedek is. Bak vir sowat 1 min. tot ligbruin en die pannekoek van die kante begin wegtrek. Draai om en bak vir nog 1 min.

Geurige kaassous

  1. Smelt die botter in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
  2. Roer die meel vir 1 min. by – moenie dat dit verkleur nie. Gooi die melk geleidelik by en roer deurentyd tot glad en dik. Roer die neutmuskaat by en geur na smaak. Prut liggies vir 3 min.
  3. Haal van die hitte af en meng die kaas, mosterd en pietersielie by.
  4. Vries in porsies van 250 ml (1 k) in sakkies of bakkies.

Gebakte vispannekoekies

Genoeg vir 4

Krummel 6 viskoekies en verdeel tussen 6 pannekoeke. Rol die pannekoeke op en sit in ’n oondbak. Bedek met 250 ml (1 k) van die kaassous en strooi ekstra gerasperde kaas bo-oor. Bak vir 15 min. by 180 ºC tot deurwarm en die kaas gesmelt is. Strooi gekapte Italiaanse pietersielie oor. Aandete in ’n oogwink!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

5 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

6 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

7 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

9 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.