6 middelslaguie, geskil en middeldeur gesny. Sny die onderkante gelyk af sodat die uie kan staan
45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
5 stukkies kassia of heel kaneel
5 steranyspeule
2 kg varkpens, skoongemaak, sonder ribbene
growwe sout
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Instructions
Pak die uie met die gesnyde kant na bo op ’n groot oondskottel.
Maak die suiker, ’n stukkie kassia en ’n steranyspeul fyn in ’n voedselverwerker, of met ’n stamper en vysel.
Sny met ’n skerp mes vlak kepe (±1 cm diep) oorlangs in die bolaag van die varkpens. Smeer die suikermengsel oor die vleis en geur met growwe sout. Druk die res van die steranys en kassia in die kepe.
Sit die vark op die uie met die vetkant na bo en bak vir sowat 3 uur. Sit met die sagte uie en romerige kapokaartappels voor.