Voorverhit die oond tot 160 °C.Gebakte varkpens met kassia en steranys
Ingredients
Instructions
1 Pak die uie met die gesnyde kant na bo op ’n groot oondskottel.
2 Maak die suiker, ’n stukkie kassia en ’n steranyspeul fyn in ’n voedselverwerker, of met ’n stamper en vysel.
3 Sny met ’n skerp mes vlak kepe (±1 cm diep) oorlangs in die bolaag van die varkpens. Smeer die suikermengsel oor die vleis en geur met growwe sout. Druk die res van die steranys en kassia in die kepe.
4 Sit die vark op die uie met die vetkant na bo en bak vir sowat 3 uur. Sit met die sagte uie en romerige kapokaartappels voor.