Gebakte varkpens met kassia en steranys
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 6 middelslaguie, geskil en middeldeur gesny. Sny die onderkante gelyk af sodat die uie kan staan
- 45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
- 5 stukkies kassia of heel kaneel
- 5 steranyspeule
- 2 kg varkpens, skoongemaak, sonder ribbene
- growwe sout
- Voorverhit die oond tot 160 °C.
Instructions
- Pak die uie met die gesnyde kant na bo op ’n groot oondskottel.
- Maak die suiker, ’n stukkie kassia en ’n steranyspeul fyn in ’n voedselverwerker, of met ’n stamper en vysel.
- Sny met ’n skerp mes vlak kepe (±1 cm diep) oorlangs in die bolaag van die varkpens. Smeer die suikermengsel oor die vleis en geur met growwe sout. Druk die res van die steranys en kassia in die kepe.
- Sit die vark op die uie met die vetkant na bo en bak vir sowat 3 uur. Sit met die sagte uie en romerige kapokaartappels voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Varkrafeltjie-vleis met karamelpynappels
13/12/2024
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024
Botterskorsie-falafels met beetdoopsous
03/09/2024