Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Meng ’n bietjie van die Gerookte tamatiesop (kry die resep hier) met oorskiet lamsvleis vir ’n heerlike gereg.
Meng 180 ml (¾ k) tamatiesop (as dit te suur na jou smaak is, kan jy 15 ml (1 e) heuning byvoeg), 1 blikkie witbone, gedreineer, en 500 ml (2 k) van die lamsvleis (van die skenkels afgehaal). Verdeel tussen 4 oondvaste bakkies.
Maak ’n bolaag:
Meng 125 ml (½ k) gekrummelde fetakaas, 250 ml (1 k) Griekse dubbelroomjogurt en 1 eier. Gooi oor die vleis in die bakkies. Bak vir 20 min. by 220 °C tot deurwarm en goudkleurig bo-op. Strooi gekapte Italiaanse pietersielie bo-oor.