Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n langwerpige, oondvaste bak deeglik met botter.
Instructions
Sif die meel en die bakpoeier saam. Vryf die koue botter by die meelmengsel in.
Voeg die eiers by en dan net genoeg melk om ’n stywe deeg te vorm.
Rol die deeg dun uit op ’n meelbestrooide werkvlak. Smeer ’n dun lagie appelkooskonfyt oor.
Rol die deeg op in ’n rolkoek en sit in die bak.
Meng al die bestanddele van die sous en gooi oor die deeg. Bak vir sowat 1 uur. Haal uit en sny oorlangs in skywe. Sit voor met die stroop en lekker dik vla.