Bestanddele
- 500 g ricottakaas
- 2 eiers, liggies geklop
- 100 g donkersjokolade (minstens 70% kakao), in stukke gekap
- 50 g gevlokte amandels, liggies gerooster
- gerasperde skil van 1 lemoen
- sap van 1 lemoen
- 15 ml (1 e) strooisuiker
- 250 g aarbeie<
- ’n hand vol bessies, vir opdiening
- ’n hand vol kruisement, vir opdiening
Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C.
- Voer ’n 17 cm x 8 cm-pannetjie met bakpapier uit.
- Meng die ricotta, eiers, sjokolade, amandels, lemoenskil, die helfte van die lemoensap en strooisuiker en skep in die broodpan.
- Bak vir 30 -40 min. tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word skoon uitkom. Laat afkoel.
- Sny die helfte van die aarbeie in stukkies en sit in ’n bak. Gooi die res van die lemoensap oor en marineer vir 20 min.
- Verwerk die res van die aarbeie in ’n voedselverwerker tot glad. Hou die sous eenkant.
- Sit die kaas in skywe voor met die aarbeisous, vars kruisement en bessies.