1 Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n 22 cm x 6 cm-losboompan of ’n reghoekige 35 cm x 11 cm x 5 cm-losboompan met kleefwerende kossproei. 2 Maak die koekies fyn in ’n voedselverwerker. Gooi die botter by en meng goed. Druk die koekiekors in die pan en sit in die yskas. 3 Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker. Gooi die kondensmelk by en meng goed. Skep die roomkaas lepelgewys by en roer tot glad. 4 Gooi die eiers by en meng weer tot glad. Gooi die mengsel stadig in die kors. Bak vir 20-25 min. tot geset.