Gebakte kaaskoek met sjokolade
Serves: 1 koek
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 1 koek
- • 1 x 200 g sjokoladekoekies, soos Chockits
- • 50 g botter, gesmelt
- • 100 g Lindt-melksjokolade, gekap
- • 1 x 385 g-blik kondensmelk
- • 2 x 250 g-houers roomkaas
- • 2 eiers, liggies geklits
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n 22 cm x 6 cm-losboompan of ’n reghoekige 35 cm x 11 cm x 5 cm-losboompan met kleefwerende kossproei.
2 Maak die koekies fyn in ’n voedselverwerker. Gooi die botter by en meng goed. Druk die koekiekors in die pan en sit in die yskas.
3 Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker. Gooi die kondensmelk by en meng goed. Skep die roomkaas lepelgewys by en roer tot glad.
4 Gooi die eiers by en meng weer tot glad. Gooi die mengsel stadig in die kors. Bak vir 20-25 min. tot geset.
Anelle Tewson
Lees Meer
Beste, maklikste sjokoladekoek!
27/01/2025
Pistasieneut-en-bosbessie-nougat
24/01/2025
Nektarientert
23/01/2025