1. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot pan. Geur die hoender na smaak en braai in die olie tot die vel goudkleurig is. 3. Skep die vleis uit en sit saam met die sampioene in ’n 32 cm x 24 cm- oondvaste bak. 4. Braai die spek en knoffel in dieselfde pan tot goudbruin en skep oor die hoender en sampioene. Strooi die salie oor. 5. Meng die sjerrie en room en gooi oor die hoender en sampioene. 6. Bedek die bak met foelie en bak vir 15 min. 7. Verwyder die foelie en bak vir nog 15 min. of tot die hoender gaar is. Sit voor met sagte polenta.