Gebakte hoender met sampioene en sjerrie
Serves: 4-6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 30 ml (2 e) avokado-olie
- 8 x 150 g hoenderdytjies, met vel
- sout en gemaalde swartpeper
- 250 g (1 houer) portobellosampioene
- 250 g (1 pakkie) spekblokkies
- 2 knoffelhuisies, gekap
- ’n hand vol salie
- 80 ml (1/3 k) droë sjerrie
- 310 ml (1¼ k) room
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot pan. Geur die hoender na smaak en braai in die olie tot die vel goudkleurig is.
3. Skep die vleis uit en sit saam met die sampioene in ’n 32 cm x 24 cm- oondvaste bak.
4. Braai die spek en knoffel in dieselfde pan tot goudbruin en skep oor die hoender en sampioene. Strooi die salie oor.
5. Meng die sjerrie en room en gooi oor die hoender en sampioene.
6. Bedek die bak met foelie en bak vir 15 min.
7. Verwyder die foelie en bak vir nog 15 min. of tot die hoender gaar is. Sit voor met sagte polenta.
Rooi Rose
Lees Meer
Steak-en-sampioen-roerbraai
17/01/2025
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025