Gebakte Franse roosterbrood met ham en gruyèrekaas deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek.
1 Smeer ’n oondvaste bak van 20 cm x 30 cm met botter, of spuit met kleefwerende sproei. #rrWenk: Begin reeds die vorige aand met die gereg. Laat week die broodjies oornag in die eiermengsel en bak die volgende oggend.Gebakte Franse roosterbrood met ham en gruyèrekaas
Ingredients
Instructions
2 Sny die ciabatta in 8 dik snye en sny ’n diep gleuf in die middel van elke sny. Pak dit knus langs mekaar in die oondbak.
3 Klits die eiers, voeg die room by en geur met sout en peper en voeg die tiemie by.
4 Gooi die eiermengsel oor die brood, bedek met kleefplastiek en sit in die yskas. Haal ’n halfuur voor dit gebak word uit die yskas.
5 Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
6 Vul die eierbroodjies met ham en snytjies kaas deur dit in die gleuf in die brood te druk. Strooi die res van die gerasperde kaas oor.
7 Bak vir 25 - 30 min. tot goudkleurig en gaar. Sit warm voor met esdoringstroop of heuning