skil van 1 suurlemoen en 15 ml (1 e) suurlemoensap
’n hand vol basiliekruid, gekap
250 ml (1 k) vetvrye- ongegeurde jogurt
100 g (1 k) mozzarellakaas, gerasper
10 ml (2 t) parmesaankaas, gerasper
50 g (1/2 pakkie) okkerneute, gerooster en gekap
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 ºC. 1 Blansjeer die broccoli vir 5 min. in kookwater en dompel dadelik in yswater. 2 Kook die pasta tot gaar. 3 Spoel die spinasie af, sny die blare in repies en blansjeer vir 3 min. in kookwater. Dompel dadelik in yswater. 4 Verhit die olie in ’n braaipan en soteer die uie en knoffel tot deurskynend. 5 Haal af en roer die suurlemoenskil en -sap, basiliekruid en jogurt by. 6 Meng die broccoli, pasta, spinasie en neute en geur goed met sout, swartpeper en neutmuskaat - sommer lekker baie. 7 Sit in ’n oondbestande bak en strooi die kase oor. 8 Bak vir 15 min. of tot die kaas gesmelt en ligbruin is. Sit voor met ’n slaai.