Genoeg vir 6
Voorverhit die oond tot 180 ºC.Gebakte broccoli-spinasie-en-okkerneut-pastagebak
Ingredients
Instructions
1 Blansjeer die broccoli vir 5 min. in kookwater en dompel dadelik in yswater.
2 Kook die pasta tot gaar.
3 Spoel die spinasie af, sny die blare in repies en blansjeer vir 3 min. in kookwater. Dompel dadelik in yswater.
4 Verhit die olie in ’n braaipan en soteer die uie en knoffel tot deurskynend.
5 Haal af en roer die suurlemoenskil en -sap, basiliekruid en jogurt by.
6 Meng die broccoli, pasta, spinasie en neute en geur goed met sout, swartpeper en neutmuskaat - sommer lekker baie.
7 Sit in ’n oondbestande bak en strooi die kase oor.
8 Bak vir 15 min. of tot die kaas gesmelt en ligbruin is. Sit voor met ’n slaai.