Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Bak die aartappels en die knoffelknolle vir 30-40 min. in ’n oondskottel of tot sag. Skep die knoffel ná 20 min. uit. Laat die aartappels effens afkoel en sny middeldeur. 2 Braai intussen die ui en prei in die gesmelte botter in ’n middelslag-kastrol tot sag en deurskynend. 3 Skep die warm aartappel uit die skil. Hou die skille eenkant. Voeg die vlees by die uiemengsel. Breek die gebakte knoffel oop en druk die sagte, gekaramelliseerde knoffel uit. Voeg by die gebraaide ui en prei en braai vir nog 4 min. Voeg die hoenderaftreksel by en kook vir 5 min. Verminder die hitte en prut vir 10 min. Geur na smaak met sout en peper. Verwerk die sop met ’n stokmenger tot glad. 4 Roer die parmesaankaas, suurroom en sprietuie deur die sop en verhit tot deurwarm. Proe weer en pas die geur met sout en peper aan. Skep in warm bakkies en sit met ’n ekstra skeppie suurroom en warm krakerige aartappelskille (onder) voor.
Aartappelskille 1 Sit die uitgeholde aartappelskille op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en gemaalde peper. 2 Bak vir 10 min. teen 200 °C. Strooi 125 g gerasperde cheddarkaas oor en bak vir nog 5-7 min. tot die kaas gesmelt is.