kategorieë: Ontspanning

Gé Sing: Hoor My Lied! terug by Atterbury-teater

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Frans Swart en Lefra Produksies se huldeblykproduksie aan superster, Gé Korsten, Gé Sing: Hoor My Lied! is in Februarie by die Atterbury-teater aangebied.  Hierdie speelvak was ‘n wegholsukses en alle produksies was binne ‘n week uitverkoop.  As gevolg van die publieke aanvraag na meer kaartjies, het die Atterbury Teater en Lefra Produksies besluit om hierdie gewilde produksie terug te bring na die Atterbury Teater vir drie aande alleen vanaf 4 tot 6 Junie 2024. Gé Sing: Hoor My Lied! word aangebied met die trotse ondersteuning van Britz Couriers and Removals, Lift.co.za, Hollywood Costumes, RSG, Van Loveren Wines en WS Pianos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is vanjaar 25 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Lefra Produksies se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied! Lefra Produksies vier ook vanjaar hul dertigste jaar in die bedryf met verskeie top produksies soos Gé Sing: Hoor My Lied!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar te bring.  “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé!  Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing.  Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel.  Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf.  Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

In die produksie Gé Sing: Hoor My Lied word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied.  Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur vier van die land se voorste kunstenaars: Andrè Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt en Stephanie Baartman.  ‘n Volle orkes, onder leiding van musikale regisseur Chanie Jonker begelei die viermanskap. 

Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland gebore.  Hy was die jongste van agt kinders en het in 1936 as negejarige seun saam met sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer.  Hy het sy loopbaan as operasanger begin en was reeds op 20-jarige ouderdom lid van die SAUK se kore. Hy het in 1952 stemopleiding ontvang aan die South African College of Music in Kaapstad onder leiding van Adelheid Armhold.  In 1955 het hy na Pretoria verhuis waar hy verdere opleiding onder leiding van Albrecht Lewald ontvang het.  Hy was in dieselfde jaar ook een van die stigterslede van die Pretoria-operagroep.  Sy operadebuut maak hy in 1956 as Canio in Pagliacci. In 1962 word ‘n oorsese studiebeurs aan hom toegeken waarna hy in 1963 in Europa onder Judith Hellwig verdere opleiding ontvang en ook die geleentheid kry om in operas in Europese stede soos Wene en München op te tree. In 1976 het hy die Nederburgprys vir Opera ontvang vir sy hoofrol in Andrea Chénier.

Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 ‘n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing. Hy het ook die rol van Walt Vorster in die sepie Egoli gespeel. In 1985 is hy as hoofdirekteur van Kruik in Kaapstad aangestel en het die pos tot in 1989 beklee.  Korsten is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir ‘n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

Gé Sing: Hoor My Lied beloof ‘n aand se elegante vermaak, geskik vir die hele gesin, wat enersyds werk as vermaak, maar andersyds ook die nalatenskap van ons baanbrekers weer in fokus bring.  Kry jou kaartjies vir die ongelooflike teaterervaring nou by www.LTickets.co.za, of skakel (011) 815-3000, en druk opsie 2.  Vir groepbesprekings, kontak Monica Booysen by Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Armand Aucamp oor die suksesresep van die reeks, Plan B

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.