Gazpacho met doopstokkies deur Vickie de Beer. Foto: Lindie Kriek
Gazpacho
Genoeg vir 8-10
- 800 g kersietamaties vir die sop en 100 g gekapte tamaties vir opdiening
- 1 rooi soetrissie, saadjies en wit vliesies verwyder, en gekap
- ½ komkommer, geskil en gekap (sny die ander helfte van die komkommer in blokkies en hou vir opdiening)
- 1 rooi-ui, geskil en gekap
- 1 knoffelhuisie, geskil
- 5 ml (1 t) sout + ekstra volgens smaak
- 5 ml (1 t) gemaalde swartpeper
- 10 ml (2 t) rooiwynasyn
- 45 ml (3 e) olyfolie
- 100 ml vodka
- jong kruieblaartjies vir opdiening
- Verwerk al die bestanddele behalwe die vodka in ’n voedsel-verwerker tot glad. Geur na smaak met sout en peper. Gooi in glashouertjies en seël dig.
- Hou in die yskas tot jy dit vir die piekniek inpak. Gooi die vodka net voor opdiening by die sop en meng goed deur. Dien op met die ekstra gesnyde tamaties, komkommer en kruie-blaartjies.
#rrWenk: Maak 1 deegresep aan en verdeel in twee dele. Met die een helfte bak jy broodstokkies wat jy by die gazpacho voorsit, en met die ander helfte maak jy die allerlekkerste sterkrans wat almal deel.