Die Gauteng Getaway-skou is een van die grootste reis-, buitelug- en avontuurskoue in die land.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Meer as 400 uitstallings kan besigtig word en meer as 20 000 besoekers word verwag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die skou bied letterlik alles vir mense wat van die buitelewe hou. Daar is ook genoeg om reis-entoesiaste te interesseer. Vir avontuurlustiges is daar onder meer strand-vlugbal, strandtennis en kleiduifskiet. Fotografiese werkswinkels word ook aangebied.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Besoekers kan op ’n kombuisreis gaan by die Gin and Wine Village waar musiek en die biertent van die trekpleisters sal wees.
Stalletjies bied ’n verskeidenheid inligting oor reisgeleenthede, kamptoerusting, 4×4-produkte, woonwaens en avontuur-sleepwaens.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Besoekers kan deelneem aan verskeie kompetisies en kan ook baie korting op produkte te wagte wees. Daar is ’n spesiale afdeling wat kinders besig hou.
Die skou is op 23 en 24 September oop van 9:00 – 18:00. Op Maandag, 25 September is dit oop van 09:00 – 16:00.
Kaartjies is beskikbaar by die hek of aanlyn by getawayshow.co.za. Volwassenes betaal R80 vir Saterdag en Sondag en na 15:00 betaal hulle R40. Maandag se toegang is R80. Pensioenarisse ouer as 60 betaal R40. Kinders van 12 en onder geniet gratis toegang. ’n Gesinskaartjie (gesin van vier) kos R150 per dag.
Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…
Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…
Genoeg vir 4. Bestanddele ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…
Hier is vyf storielyne wat Suidooster-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf/Netflix Die stromingsdiens Netflix bederf binnekort Afrikaanse kykers met nóg…
Hierdie webwerf gebruik koekies.