Genoeg vir 500 ml
Bestanddele
- 30 ml chia-saad
- 250 ml klapperwater
- 500 ml babaspinasie
- ¼ groen soetrissie, ontpit
- 1 klein komkommer, gesny
- 2 selderystokkies, gesny
- handjie vol pietersielie
- handjie vol vinkel
- handjie vol ys
- sout en swartpeper
Metode
- Meng die chia-saad en klapperwater in ’n beker en hou eenkant.
- Verwerk die klapperwater, babaspinasie, soetrissie, komkommer, seldery, pietersielie, vinkel en ys in ’n voedselverwerker tot glad en geur met sout en peper.