Kook die klappermelk,vars gemmer, lemmetjieblare, brandrissie en koljanderblare vir ±6 - 8 min. in ’n klein kastrol oor matige hitte.
Skep die gemmer, lemmetjieblare, brandrissie en koljanderblare met ’n gaatjieslepel uit.
Voeg die steurgarnale by die klappermelk en kook vir ±3 min. tot die garnale pienk en gaar is. Sit voor met ’n hand vol koljanderblare en skyfies vars lemmetjie.