deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele van CRPhotographic
1 Maak ’n vuur voor soos gewoonlik. (Ons het die klein braaitjie gebruik, wat lekker werk, want jy sit dit op die tafel en elke gas braai sommer self.) Ryg die garnale deur die stokkies en hou eenkant. Brandrissiekonfyt 2 Verwerk die ui, gemmer, brandrissies en sesamolie in ’n voedselverwerker tot glad. Jy kan ook ’n stokmenger gebruik. 3 Verhit die mengsel en die res van die bestanddele oor lae hitte in ’n middelslagkastrol. Roer totdat die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en laat die mengsel vir 10 min. prut. Trek van die hitte af en laat afkoel. 4 Smeer elke garnaal met die sous en braai die sosatie vir 2 min. aan ’n kant oor warm kole. Smeer heeltyd met die sous. Sit dadelik voor met enige ekstra sousGarnaalsosaties met brandrissiekonfyt
Ingredients
Instructions