Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Sous
180 ml (¾ k) goeie mayonnaise
30 ml (2 e) soetbrandrissiesous
30 ml (2 e) tamatiesous
gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
2 cm vars gemmer, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
sout en gemaalde swartpeper
Kelkie
1 kop botter- of ysbergslaai, in dun repies gesny
1 avokado, geskil en in blokkies gesny
uitgedrukte sap van ’n ½ suurlemoen
250-300 g gaar garnale, sonder dop
1 lemmetjie in segmente gesny
1 suurlemoen in dun skyfies gesny
Instructions
1 Meng al die bestanddele vir die sous en geur na smaak. Hou eenkant. 2 Maak 6 glase halfvol met die slaaiblaarrepies. Meng die avokadoblokkies, suurlemoensap en garnale en skep op die slaaiblare. 3 Skep ’n goeie skeppie van die sous op die garnale. 4 Garneer met die lemmetjiesegmente en suurlemoenskyfies op stokkies. Indien daar sous oor is, kan jy dit in ’n mooi bakkie op tafel sit vir diegene wat nog sous verkies.