Genoeg vir 6.
Bestanddele
Sous
- 180 ml (¾ k) goeie mayonnaise
- 30 ml (2 e) soetbrandrissiesous
- 30 ml (2 e) tamatiesous
- gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
- 2 cm vars gemmer, geskil en gerasper
- 1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
- sout en gemaalde swartpeper
Kelkie
- 1 kop botter- of ysbergslaai, in dun repies gesny
- 1 avokado, geskil en in blokkies gesny
- uitgedrukte sap van ’n ½ suurlemoen
- 250-300 g gaar garnale, sonder dop
- 1 lemmetjie in segmente gesny
- 1 suurlemoen in dun skyfies gesny
Metode
- Meng al die bestanddele vir die sous en geur na smaak. Hou eenkant.
- Maak 6 glase halfvol met die slaaiblaarrepies. Meng die avokadoblokkies, suurlemoensap en garnale en skep op die slaaiblare.
- Skep ’n goeie skeppie van die sous op die garnale.
- Garneer met die lemmetjiesegmente en suurlemoenskyfies op stokkies. Indien daar sous oor is, kan jy dit in ’n mooi bakkie op tafel sit vir diegene wat nog sous verkies.