kategorieë: TuinmaakLeefstyl

GARDENA se tuinwenke en -idees vir herfs

Die dae word korter en die lug koeler en herfs bring ’n unieke sjarme en ’n goue geleentheid vir tuiniers om hul tuine vir die komende winter voor te berei. Geniet die skoonheid van herfs deur hierdie onmisbare wenke en idees te gebruik om jou tuin tydens die oorgangseisoen mooi en florerend te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak die tuin skoon

Begin deur jou tuin deeglik skoon te maak. Verwyder dooie eenjariges, blare wat geval het en dooie plantmateriaal. Só skep jy nie net ’n netjiese voorkoms nie, maar voorkom ook die verspreiding van siektes en plae. Die GARDENA-reeks van skoonmaakprodukte maak alle opruiming en opruimprojekte maklik en moeiteloos. Sodra jy klaar gesnoei het, verwyder al die tuinrommel met die GARDENA Mobile Cart. As jy die rommelhouer afhaal, kan jy die waentjie ook vir ander take benut, soos om swaar vragte van tot 170 kg, te vervoer. Die GARDENA Leaf and Lawn Collector is perfek vir die opruim van blare sonder om jou rug  seer te maak. Die sak kan tot 45 liter hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nuttige wenk: Gebruik die tuinrommel vir kompos. Blare, grasafval en groente-oorblyfsels maak uitstekende komposmateriaal wat ryk voedingstowwe vir jou grond kan verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Plant vir die lente

Herfs is die perfekte tyd om lentebolle soos tulpe en affodille te plant. As jy dit in die herfs plant, verseker jy só hulle genoeg tyd het om wortels te ontwikkel voordat die grond ysig raak. Volg die aanbevole plantdiepte en spasiëring vir elke bolsoort. Bolle moet gewoonlik drie keer die diepte van hul hoogte geplant word. GARDENA het ‘n bolplanter ontwerp wat dit vinniger maak om te plant. Dis maklik én gerieflik. Die planter se sneller stel jou in staat om ‘n gat te grawe en die grond in die produk te hou. Sodra jy die bol in die grond geplaas het, los net die sneller om die grond terug in die gat te plaas en die bol te bedek.

Beskerm meerjariges

Snoei meerjariges terug tot ongeveer 15 cm van die grond af. Dit help om die plante teen die strawwe winteromstandighede te beskerm en moedig gesonder groei in die lente aan.

Nuttige wenk: Plaas ‘n laag molm om die basis van meerjariges, struike en bome. Molm help om die grondvog te behou, onkruid te onderdruk en wortels teen die veranderings in temperatuur te beskerm.

Versorg jou grasperk

Herfs is die ideale tyd om na jou grasperk om te sien. Hark blare gereeld op om te voorkom dat dit die gras versmoor. Belug die grasperk om die dreinering van die grond te verbeter en verdigting te verminder. Dit laat water, voedingstowwe en suurstof toe om meer doeltreffend by die gras se wortels uit te kom. Die GARDENA Combisystem-reeks harke en grasperkversorgingsprodukte kan jou help om geld te bespaar. Koop net een handvatsel wat by verskeie gereedskap pas. Kies jou gereedskap, heg dit aan die handvatsel en jy is reg vir jou tuinmaaktaak.

Nuttige wenk: Gebruik ‘n stadig vrystellende stikstofkunsmis om graswortels te versterk en hul weerstand teen winterstres te verhoog.

Lees ook: Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Snoei en knip

Snoei struike en bome se dooie of siek takke. Dit sorg nie net vir ’n mooier voorkoms nie, maar voorkom ook enige potensiële skade as gevolg van winterstorms. GARDENA het ’n reeks snygereedskap wat enige snoeiprojek kan takel.

Nuttige wenk: Dis belangrik om op die regte tyd te snoei en dit is gewoonlik nadat bome se blare afval, maar voor die eerste ryp intree.

Kry jou groentetuin reg

As jy dit geniet om jou eie groente te kweek, is herfs die tyd om ou groenteplante uit te haal. Dolwe die grond om en voeg kompos by. Dit verryk die grond met organiese materiaal en berei dit voor vir die volgende plantseisoen. Herfs is ook ‘n goeie tyd om wintergroente te plant.

Nuttige wenk: Jy kan hierdie wintergroente in die herfs plant: krulkool, spinasie, wortels, blomkool, beet en kool. Vra jou plaaslike kwekery vir hul aanbevelings.

Lees ook: Kweek sprietuie in jou kombuis

Beskerm delikate plante teen die winter

Skuif potplante binnenshuis of na ’n beskutte gedeelte om dit teen ryp te beskerm. Maak plante deeglik nat voor die eerste ryp kom om te verseker dat hulle goed bevogtig is en beter in staat is om koue temperature te weerstaan. Maak minder nat in herfs en winter omdat plante dan minder water nodig het. GARDENA het ‘n reeks waterbeheerprodukte wat die besproeiingsproses kan outomatiseer. Stel eenvoudig die tyd, duur, dae van die week, en die tydhouer sal outomaties aanskakel, jou tuin natmaak en afsit as dit klaar is.

Nuttige wenk: Installeer rypbedekking oor jou delikate plante in herfs om hulle teen die winterkoue te beskerm.

’n Tuin wat natuurlewe innooi

Skep ’n habitat vir natuurlewe deur sekere gedeeltes van jou tuin onversteurd te laat. Die GARDENA ClickUp! Range bestaan uit ’n insekhotel, voëltjievoerder, en voëlbad wat  kos en skuiling vir diere en voordelige insekte sal verskaf.

Nuttige wenk: Die GARDENA ClickUp! Range kan in tuine gebruik word met die handvatsel of met die  BalconyClamp op balkonne en terrasse.

Oes en bêre

Oes nou laatseisoen-gewasse, soos pampoen, skorsies en knolgroente, voor die eerste ryp kom. Bêre dit in ’n koel, droë plek om te geniet.

Nuttige wenk: Droog of vries kruie, soos roosmaryn, tiemie en salie, om hul geur vir kookdoeleindes te bewaar. Loer bietjie na die GARDENA MicroCutting-reeks wat spesiaal vir die oes van kruie ontwerp is.

Lees ook: ’n Gesonde tuin met een knip op ’n slag

Dis baie belonend om in die herfs tuin te maak en dit skep die grondslag vir ’n pragtige en gesonde tuin heel jaar lank. Benut die seisoensverandering deur hierdie take uit te voer om te verseker jou tuin bly ’n mooi en florerende hawe reg om weer nuwe lewe in die lente te kry!

Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Sukkel jy om te slaap? Ons deel ses oplossings vir ses moontlike probleme sodat jy…

7 hours Gelede

Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner

Jou selfoon is dalk jou regterhand, maar navorsers het al ernstige bakterieë soos MRSA, Ecoli…

12 hours Gelede

Redes hoekom jou neus maklik bloei

Jy vra: Hoekom bloei my neus so maklik? Ons het die redes gaan uitvind. #rrGesondheid

1 day Gelede

Sewe toekennings later… nou is ‘Som van Twee’ in fliekteaters te sien!

Die goeie nuus is dat dié feestreffer nou in fliekteaters landwyd te sien is.  …

1 day Gelede

Vandag is Wafeldag! Hierdie is die beste-este wafels

Genoeg vir 6     Bestanddele   250 g repiesspek 100 g pekanneute 15 ml…

1 day Gelede

‘Niggies’: Alles wat jy moet weet voor die eerste episode!

Niggies is op ware gebeure gegrond en speel in twee tydvakke af – in 1966…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.