kategorieë: Nuut & NouKos

Verdryf die winter met smullekker etes by Leopard’s Leap en Gabriëlskloof

Die Leopard’s Leap- en Gabriëlskloof-wynplase bied onderskeidelik ’n reeks  unieke weeks- en Sondagetes aan wat by enige kosliefhebber aanklank sal vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Leopard’s Leap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Leopard’s Leap se Rotisserie en Oestafel-middagetes bied ’n verskeidenheid disse aan waaronder sappige vleise, slaaie en geroosterde groentes vanuit dié plaas se groentetuin ’n gunsteling is. Daar is ook ’n reeks soetgoed, brode en wegneem-etes beskikbaar vir diegene wat dit verkies.

Ander disse sluit in ’n vegetariese sop van die dag, tuisgemaakte, vegetariese pasta-disse, vis en ook suurdeeg oopbroodjies. Gaste kan ook uit die wye reeks van Leopard’s Leap wyne, asook Culinaria se versameling wyne vanuit die proe-kamer kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié etes sal slegs tydens Woensdae en Donderdae bedien word en sal vanaf 25 Mei beskikbaar wees.

Disse word individueel betaal en pryse varieër tussen R65-R125 en meer.

Besoek Leopard’s Leap se webtuiste vir meer inligting.

Gabriëlskloof

As ’n gesamentlike ete met vriende en familie jou hart laat warm klop, sal Gabriëlskloof Restaurant se Skepkos Sondae jou hartsnare roer. Dié nuwe inisiatief is eie aan Gabriëlskloof en is daargestel om familie-styl middagetes op te dis sodat oud en jonk saam kan skep en smul.

Soos ’n egte familiefees behels dit ’n verskeidenheid sielskos wat in groot bakke en skottels hulle weg vanuit die kombuis na die tafels vind. As sodanig kan gaste volgens voorkeur opskep en met hul medegaste aan tafel deel.

Boonop is daar geen kommer oor wat om te bestel nie en daar is ook geen gewag vir die kelner om jou bestelling te kom neem nie. Dit voel kompleet of jy by jou eie huis aansit vir ‘n luilekker Sondagmaal.

So ook verskil elke week se spyskaart en wissel dit van Osso Buco en geurige bygeregte tot Tamatiebredie met tafels wat kreun van toeka se smake.

Hierdie geleentheid is slegs op Sondae beskikbaar en sal tot en met einde Augustus plaasvind.

Skakel die restaurant by 028 284 9865 of stuur ’n epos na restaurant@gabrielskloof.co.za om jou plek te bespreek.

Kostes beloop R250 per persoon. Alle geregte van die driegang-maaltyd is insluit.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

2 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

21 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

22 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

23 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.