kategorieë: Ontspanning

Gaan verloor jouself by Spier se ligkuns

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis vanjaar die sesde jaar wat dit gehou word en Spier – tuiste van een van die grootste kontemporêre kunsversamelings in die land – glo in die mag van visuele kuns om te onderrig en te inspireer, sodat ons bymekaar en van die wêreld kan leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die lig-uitstalling is oral op die plaas se mooi grasperk en tussen die historiese geboue installeer en bestaan uit 21 verskillende lig- en video kunswerke. As jy net voor sononder arriveer, kan jy die lekker kos en wyn van die plaas geniet en soos die eerste sterre oor die berge opkom, word die ligkuns aangeskakel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die ligkuns kurators, Vaughn Sadie en Jay Pather, het keurig gekies om die idee dat kuns ’n spieël vir die samelewing is, tot uiting te bring. Die kunstenaars wat vanjaar deel is van die uitstalling, raak groot temas en uitdagings in ons moderne wêreld aan en kyk onder meer na klimaatsverandering, rassisme, kolonialisme, hoe tegnologie ons lewens domineer en hoe ons soek na die ware betekenis van die lewe.

Maar moenie glo dat die gewigtigheid van hierdie idees wegneem van die kunstenaars se vermoëns om lig, interaksie en introspeksie in te nooi nie.

Die kurators sê: “Hierdie werke kombineer verwondering, deelname en denke; dis ’n ruimte vir viering, wat oomblikke van ontsnapping en fantasie bied, en oomblikke wanneer ons weer dieper insig met die wêreld daarbuite ervaar.

“Hierdie ligte en kleure sal jou sintuie wakker maak. Jy kan dalk ’n betowerende, kleurvolle netwerk van swamme in Stevie Thompson se “Mycelium” teëkom, of gekonfronteer word met die vaag lyne tussen ontspanning en onoplettendheid, in Alan Alborough se werk ‘ZZZZ’.

“Jy sal dalk Abri de Swardt se “Flood Light” of Naadira Patel en Sarah de Villiers se “Assembling Lines” teëkom en wonder hoe ons ons planeet van die mensdom se oordaad en kortsigtigheid kan red.

Toegang na die Spier Ligkuns-uitstalling is gratis. Bespreek jou sonsak-piekniek of ete by een van die lekker eetplekke op die plaas, wat almal tot 21:00 oop is vir die duur van die fees.

Lees ook: Die KKNK is amptelik aan’t woeker en woel!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.