kategorieë: Ontspanning

Gaan kuier dié winter onder die grond

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die winter is die ideale tyd om ‘n nuwe aardse ervaring met jou gesin te gaan geniet – en dit boonop vyf meter onder die grond. Earthbox op Lourensford Landgoed buite Somerset-Wes het op 1 November geopen en sou aanvanklik net vir ses maande op die plaas gehuisves word, maar weens die gewildheid is dit nou verleng.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mens sou kon dink: “Wat is die aardigheid om vyf meter onder die grond in ‘n reuse gat te staan?” maar dis waar jy verkeerd is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gaste is by ons sjef-aand met Cap Classique van Thelema Mountain Vineyards ontvang.

Dink aan rou kleiwande waar miljoene jare se neerlegging van klippies, slik, sand, boomwortels en ander voedingstowwe patrone gemaak het wat die aarde eintlik een groot kunswerk maak.

En beter nog, jy kan daar in die stilte en skemerte die aarde ruik; aan die grond raak en die wonder van die planeet waarop ons woon, op ‘n heel unieke manier ervaar. Jy stap as’t ware terug in tyd.

Voorheen was die grond waarin die boks gegrawe is, vrugteboorde maar die aarde is net 0.7 meter diep omgedolwe. Nou staan jy vyf meter onder die oppervlak. Bokant jou kop is ‘n staalstruktuur met ‘n plafon van grond en gras. Mens voel omtrent soos Bilbo Baggins met sy huisie onder die grond wat onder ‘n reuse (kunsmatige) boom skuil. Op Lourensford is daar egter geen kunsmatigheid met die Earthbox-ervaring nie.

Jy kan by die ontvangs oudiogidse huur en dan op jou eie tyd en pas, die ervaring meemaak.

Marina Busse is saam met Bradley Baard, die dinamiese denkers van die Dream Commission, die breins agter Earthbox.

Marina Busse is saam met Bradley Baard, die dinamiese denkers van die Dream Commission, die breins agter Earthbox. Hier is sy (links) by Mariëtte du Toit-Helmbold van Destinate.

Daar is verskeie dinge in die winter te doen hier: daar is leefstyl-oggende, klei-werkswinkels, klankreise, kinder-werkswinkels en meditasie-oggende. Musiek-aande word ook daar by kerslig gehou.

Die kleiwerkswinkels, Play By Nature, bied ure se vermaak.

Ook deel van die aanbiedinge daar was vyf sjefs-aande met verskillende sjefs wat vir 34 gaste gekook het en wyne van verskillende landgoedere met elke gang gepasmaat het.

Die spyskaart vir een van die sjefs-aande.

Vir ons aand is die snoepgoed alles op die oop vuur berei, terwyl sonsaksopies met Hennessy VSOP en yskoue Thelema Mountain Vineyards Cap Classique geniet is. Dink lekkertes soos geskroeide tuna, skaapribbetjies en varkrepies.

Meeste van die aand se kos is op die oop vuur berei.

Toe die son agter die Helderberg verdwyn, word die kersies en lampies aangesteek en jy stap so draai-draai onder die grond in. Die glastafel kan net 34 gaste akkommodeer en kelners hou ons glase vol en bedien een mooi bord kos na die ander.

Een lang tafel onder die grond, waar gaste onthaal word. Bedags is daar ander lekker werkswinkels wat by hierdie lang tafel aangebied word.

Net die kerse het aangetoon hoeveel ure so lekker verbygegly het.

Vyf sjefs was die afgelope paar maande deel van die sjefsreeks en vanaand se sjef is Vusi Ndlovu. Vusi, sjef en mede-eienaar van Edge, het al verskeie opskietrestaurante besit en vier die beste van Afrika kookkuns.

Ons smul aan geregte van die Afrika-kontinent, soos uJeqe nomsobho – ‘n gestoomde broodjie met beesvleis aftreksel; makriel met oshart tamatie met Jollof-aftreksel; geroosterde wildsboud; Hoender yassa en Egusi vir nagereg.

Jou hart, siel en maag is verkwik ná die aand.

En net vir ingeval jy gewonder het: wanneer Earthbox vir die publiek sluit, sal al daardie grond weer in die presies-korrekte lae teruggesit word. Die gras sal weer oor die grond groei en dit sal wees asof dit nooit gebeur het nie.

Net besoekers wat daardie magiese ervaring in hul harte dra, sal weet dat daar eens die kans was om in die maag van die aarde in verwondering te staan.

Een van die kunstenaars by die Sondag musieksessies was Zimbini.

  • Gedurende die winter is Earthbox Donderdag tot Sondag oop, en vanaf Junie–Augustus is daar 20% afslag op kaartjieprys en dit sluit ‘n oudiotoer in. Gaan verken die res van die plaas; proe hul wyne; varsgeroosterde koffie; smul aan nougat in die Wedgewood-winkel of eet by een van die restaurante of kyk kuns.

Kinders onder 5 word net tussen 09:00 en 10:00 toegelaat en geniet dan gratis toegang.

Lees ook: Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

5 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

7 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.