1 Pizzabasis: Sit die gis, suiker en water in ’n groot mengbak, voeg die meel by en meng tot ’n deeg begin vorm. Knie die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak tot dit blink en elasties is. Smeer die deeg met ’n bietjie olie, sit in ’n groot bak, bedek met ’n kombuisdoek en laat vir ±1 uur op ’n warm plek rys. 2 Bolaag: Smelt die botter in ’n groot pan oor matige hitte, voeg die uie by en strooi die bruinsuiker oor. Roer deurentyd tot die uie sag en donkerbruin is. Laat afkoel en hou eenkant. 3 Verhit die oond tot 200 °C met ’n plat bakplaat daarin. Verdeel intussen die deeg in 4 ewe groot stukke en rol dit op ’n meelbestrooide werkvlak uit. 4 Sit een basis op die warm bakplaat en bak vinnig in die oond tot halfgaar. Haal uit en verhit intussen nog ’n bakplaat. Bou die pizza terwyl die volgende basis bak. Verdeel die bestanddele in vier en begin met die uie as basis, gevolg deur die res van die bestanddele, behalwe die crème fraîche en die roketblare. 5 Bak vir 10 -15 min. of tot goudbruin en bros. Sit voor met ’n groot lepel vol crème fraîche, bronkors en parmesaankrulle.