Frittata met pasta, spek en basiliekruid
Ingredients
- 250 g (1 pakkie) gesnyde spek
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 200 g gaar penne-pasta
- 12 groot eiers, liggies geklits
- 180 ml (¾ k) parmesaan, fyn gerasper
- 180 ml (¾ k) cheddarkaas, fyn gerasper
- hand vol vars basiliekruidblare
- sout en gemaalde swartpeper
Instructions
- Verhit ’n 30 cm- oondvaste pan oor hoë hitte. Braai die spek tot bros.
- Voeg die olie, ui en knoffel by en soteer tot sag.
- Verlaag die temperatuur tot matige hitte. Roer die pasta deur.
- Meng die eiers, kase en basiliekruid. Geur na smaak en gooi oor die pasta. Panbraai vir 6-8 min. tot amper gestol.
- Sit vir 4-5 min. onder die oondrooster tot goudbruin bo-op (’n bietjie langer indien nodig). Haal uit en laat staan vir 3-5 min. in die pan.
- Keer die frittata uit en sny in skywe. Garneer met vars basiliekruidblare.
Rooi Rose
Lees Meer
Blitsvinnige spek en groente quiches
05/02/2025
Vinnige varkworsies op pasta
24/01/2025
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024