Genoeg vir 4-6.
Bestanddele
- 4 snye bruinbrood, korsies verwyder
- 125 ml (½ k) Griekse jogurt
- 30 ml (2 e) avokado-olie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 1 wortel en 1 kort selderystingel, fyn gerasper
- 60 ml (4 e) gekapte pietersielie
- fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- 10 ml (2 t) mosterdpoeier
- 750 g beesmaalvleis
- 720 ml (1 bottel) passata*
(*Passata is gebottelde Italiaanse tamatiepuree en is meer souserig as die geblikte soort. Kyk by die geblikte tamatie- en pasta-afdeling in jou supermark.)
Metode
- Voorverhit oond tot 180 °C.
- Week die brood in die jogurt tot sag. Hou eenkant.
- Verhit die olie in ’n groot pan oormatige hitte en soteer die ui, knoffel, wortel, seldery, pietersielie, suurlemoenskil en mosterdpoeier saam daarin. Geur na smaak.
- Meng die maalvleis, groente en broodmengsel in ’n mengbak.
- Rol die maalvleis in balletjies en sit in ’n oondvaste bak. Gooi die passata oor en bak vir 40 min. of tot goudbruin. Sit voor met penne-pasta.