kategorieë: Bekendes

Free State hou SA se naam hoog in die buiteland

Na Free State se internasionale première by die Kolhapur International Film Festival in Desember 2015, is dit by die Chennai International Film Festival, die Bangalore International Film Festival, die Sangli International Film Festival én die Pan African Film Festival in Los Angeles vertoon. Free State is ook onlangs by die Garden State Film Festival in die VSA vereer waar dit die toekenning vir Beste Kinematografie gewen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons het dit vreeslik geniet om hierdie rolprent na feesgehore te neem en is oorweldig deur die terugvoer wat ons ontvang het,” het die regisseur, Sallas de Jager, gesê.  “Free State is nie ’n groot prent nie maar het ’n geweldige impak op die gehore by die onderskeie feeste gemaak, en dit is vir enige filmmaker ’n groot kompliment.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die prent is geskryf en geregisseer deur die veelbekroonde filmmaker Sallas de Jager en Free State is saam deur De Jager se Bosbok Ses Films en Utkarsh Entertainment aangepak, in samewerking met die Indiese produksiemaatskappy, Parnam Entertainment. Die voormalige supermodel, Nicola Breytenbach, en die gewese Mnr. Suid-Afrika, Andrew Govender, het die hoofrolle gespeel terwyl van die land se bekendste en mees geliefde akteurs deel van die rolverdeling was, soos Leleti Khumalo (Sarafina, Yesterday), Deon Lotz (Roepman, Skoonheid) en Rolanda Marais (Wolwedans in die Skemer, Ballade vir ’n Enkeling). En boonop maak die Marathi- en Bollywood-ster, Mangesh Desai, in Free State sy eerste internasionale verskyning.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Free State speel af inSuid-Afrika in die 1970’s en vertel die storie van Jeanette (Breytenbach), ’n pragtige, oopkop regsstudent. Tydens haar somervakansie in die Vrystaat saam met haar pa, ontmoet sy  ’n aantreklike Indiërman, wat toevallig oor haar pad kom toe hy ’n goeie daad doen en ’n liefdesverhouding ontstaan tussen hulle. Al word sy gewaarsku om nie aan haar gevoelens toe te gee nie, besluit Jeanette om wel ’n geheime verhouding met Ravi te hê.  Wanneer hulle verhouding op die lappe kom, lei dit tot vreeslike tragiese gebeure.

Hierdie rolprent ontgin nuwe terreine omdat dit die eerste rolprent is wat in Suid-Afrika sowel as Indië, met behulp van die produksiemaatskappy, Utkarsh Entertainment en die vervaardiger, Rajiv Terwadkar, uitgereik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Free State word deur Times Media Films versprei en sal vanaf 27 April 2016 landwyd in teaters wys.

Lees ook meer hier.

By die Garden State Film Festival

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

4 hours Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

5 hours Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

6 hours Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

9 hours Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

9 hours Gelede

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse   Bestanddele   100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.