Serves:Met 500 g basiese koekiedeeg het ons 20 Franse vrugtetertjies gemaakNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Basiese bakkersvla (CRÈME PÂTISSIÈRE)
Genoeg vir 500 ml
40 g koekmeel
120 g suiker
300 ml melk
4 eiergele
5 ml vanieljegeursel
20 g botter
Instructions
1 Voer 10 cm x 8 cm-tertpannetjies met die deeg (klik hier vir resep) uit. Bak blind vir 10 min. by 160 °C. Keer op ’n afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel. 2 Verhit 60 ml appelkooskonfyt en verf die tertbakkies daarmee uit. 3 Laat heeltemal droog word. 4 Vul die tertjies met basiese bakkersvla (resep volg) en tooi met gesnyde aarbeie, vye of frambose. 5 Verf die vrugte met die res van die warm appelkooskonfyt vir glans.
Basiese Bakkersvla
1 Sif die meel en suiker saam en hou eenkant. 2 Klits 60 ml van die melk en die eiergele saam. Gooi die meelmengsel by en klits tot glad. 3 Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit net begin kook. 4 Gooi ’n derde van die warm melk by die eiermengsel en meng goed. Gooi alles terug by die verhitte melk en roer goed. 5 Roer deurentyd tot die mengsel dik word. Kook vir 1 min. en roer steeds, want die vla kan maklik aanbrand. 6 Gooi die vanieljegeursel by en roer goed. 7 Skep uit en bedek die houer met kleefplastiek sodat die vla nie ’n vel maak nie. 8 Laat afkoel en hou in die yskas.