Franse vrugtetertjies
Ingredients
- Basiese bakkersvla (CRÈME PÂTISSIÈRE)
- Genoeg vir 500 ml
- 40 g koekmeel
- 120 g suiker
- 300 ml melk
- 4 eiergele
- 5 ml vanieljegeursel
- 20 g botter
Instructions
1 Voer 10 cm x 8 cm-tertpannetjies met die deeg (klik hier vir resep) uit. Bak blind vir 10 min. by 160 °C. Keer op ’n afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel.
2 Verhit 60 ml appelkooskonfyt en verf die tertbakkies daarmee uit.
3 Laat heeltemal droog word.
4 Vul die tertjies met basiese bakkersvla (resep volg) en tooi met gesnyde aarbeie, vye of frambose.
5 Verf die vrugte met die res van die warm appelkooskonfyt vir glans.
Basiese Bakkersvla
1 Sif die meel en suiker saam en hou eenkant.
2 Klits 60 ml van die melk en die eiergele saam. Gooi die meelmengsel by en klits tot glad.
3 Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit net begin kook.
4 Gooi ’n derde van die warm melk by die eiermengsel en meng goed. Gooi alles terug by die verhitte melk en roer goed.
5 Roer deurentyd tot die mengsel dik word. Kook vir 1 min. en roer steeds, want die vla kan maklik aanbrand.
6 Gooi die vanieljegeursel by en roer goed.
7 Skep uit en bedek die houer met kleefplastiek sodat die vla nie ’n vel maak nie.
8 Laat afkoel en hou in die yskas.