8 eiers, liggies geklop en in ’n platterige bak gegooi
125 ml (½ k) melk
knypie sout
60 ml (4 e) botter vir braai
ekstra bessies vir opdiening
Instructions
1 Laat prut die bloubessies, suiker en suur-lemoensap vir 10 min. in ’n klein kastrol. Haal af en laat afkoel. 2 Meng die suurlemoenskil en mascarponekaas. Smeer elke sny brood aan die een kant lekker dik met die mascarpone. Skep ’n opgehoopte eetlepel bloubessiecompote op die mascarpone op 4 van die broodjies. Versprei effens. Sit die ander snye (mascarpone-kant na binne) op die 4 snye. 3 Meng die eiers, melk en sout en gooi in ’n platterige bak. 4 Doop die broodjies een-een in die eiermengsel, draai om en doop die ander kant ook. 5 Verhit die botter in ’n kleefvrye pan en braai die broodjies een-een daarin tot goudbruin. Herhaal met die res. 6 Sny elke broodjie deur en sit warm voor met ekstra bessies.