1 Laat prut die bloubessies, suiker en suur-lemoensap vir 10 min. in ’n klein kastrol. Haal af en laat afkoel.Franse roosterbrood met bloubessies
Ingredients
Instructions
2 Meng die suurlemoenskil en mascarponekaas. Smeer elke sny brood aan die een kant lekker dik met die mascarpone. Skep ’n opgehoopte eetlepel bloubessiecompote op die mascarpone op 4 van die broodjies. Versprei effens. Sit die ander snye (mascarpone-kant na binne) op die 4 snye.
3 Meng die eiers, melk en sout en gooi in ’n platterige bak.
4 Doop die broodjies een-een in die eiermengsel, draai om en doop die ander kant ook.
5 Verhit die botter in ’n kleefvrye pan en braai die broodjies een-een daarin tot goudbruin. Herhaal met die res.
6 Sny elke broodjie deur en sit warm voor met ekstra bessies.