'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Ruk hand-uit tydens die heel eerste Franschhoekse Handwerkfees wat op 5 November plaasvind. Hierdie eerste-van-sy-soort-fees word van 11vm tot 5nm op die wynplaas Môreson aangebied.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ervaar eerstehands die geure en smake van handgemaakte kos en drank, asook gespesialiseerde en beperkte items soos kuns, juweliersware en weelderige leergoedere.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die Franschhoekse Handwerkfees sal beslis nie “droog” wees nie, want heelwat plaaslike wyn, Cap Classique, handgemaakte bier en spiritualieë wat in klein volumes gemaak word, sal beskikbaar wees. Môreson se restaurant, Bread&Wine, sal oop wees met sy bekende en gewilde charcuterie en tuisgebaakte brode, terwyl ander produsente van tuisgemaakte kosse byderhand sal wees om hul kaas, tuisgebak, sjokolade en veel meer ten toon te stel.
Die verrigtinge sal opgekikker word deur musiekvermaak. Bring dus familie en vriende saam want daar sal iets vir ’n ieder en ’n elk wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Kaartjies kos R180 per persoon en kan by www.webtickets.co.za bespreek word.
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Hierdie webwerf gebruik koekies.