kategorieë: Ontspanning

‘Frankie en Felipé’ is nou in rolprentteaters landswyd!

Die debuutfilm van Sturvy Pictures, ’n produksiehuis deur Solomon Cupido en Bradley Olivier, is vanaf vandag landswyd in rolprentteaters te sien!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Franklin Blaze (Bradley Olivier), ‘n hardwerkende man uit ‘n verarmde agtergrond wat hy geheim hou vir sy kollegas en verloofde, Kim Fortuin (Kim Syster), besef sy opkomende troue en werk is op die spel wanneer sy biologiese halfbroer, Felipé Baadjies (Solomon Cupido), kom aanklop vir hulp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Felipé is ‘n passievolle, maar verlore siel wat dringend geld nodig het en dreig om Franklin se geheime te verklap as hy hom nie help om die geld terug te betaal wat hy aan ’n venynige geldskieter verskuldig is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met sy rug teen die muur besluit Franklin om toevlug te bied vir sy broer en hom in te sluit by die troue, maar kort voor lank is hy spyt oor dié halsoorkop besluit…

Kan Frankie en Felipé hul broederband tot voordeel van hulle albei laat herleef?

Of sal hierdie fasade die troue van die jaar verwoes?

Die storie van Frankie en Felipé het sy oorsprong gehad in die gedeelde droom van Bradley Olivier en Solomon Cupido.

Frankie en Felipé is ‘n unieke manier vir mense om aanklank te vind by die swaarkry en drome van sy karakters. Dit bevat ‘n kragtige boodskap: as jy ‘n groot droom het en pligsgetrou werk om dit te bewaarheid, kan daardie droom ‘n werklikheid word. Die fliek moedig individue aan om nie skaam te wees oor hul herkoms nie, maar om dit te beskou as ‘n manier om hul struikelblokke te oorkom in hul strewe om hul lewens te verbeter.

Met regie deur Marvin-Lee Beukes en Nick Burton Moore as kinematograaf, sluit die rolverdeling onder andere in Bradley Olivier, Solomon Cupido, Kim Syster, Bianca Flanders, Ilse Klink, Zane Meas, Shimmy Isaacs, Danny Ross, Bouwer Bosch, Lee-Ann van Rooi, Brendon Daniels en Terence Bridgett. Die film word uitgereik deur Filmfinity (Edms) Bpk.

“Die vrystelling van Frankie en Felipé is die resultaat van vier jaar se harde werk vir my en Bradley, en werklik ons grootste droom wat bewaarheid word. Al is my beste vriend nie meer aan my sy nie, weet ek hy kyk af en is netso trots soos ek op die eindresultaat. Ons wou mense laat lag, laat huil en vir hulle ’n uur en ’n half se ontvlugting bied sodat hulle weer die wêreld kan aanpak met ’n ligte gemoed vol inspirasie. Ons het die film vir almal daarbuite gemaak om te geniet.” – Solomon Cupido.

“Ek is verskriklik opgewonde dat mense uiteindelik Bradley en Solomon se liefdeskind kan sien! Ons hoop dat mense hierdie pragtige stuk werk van hulle netso baie sal geniet soos wat ons dit geniet het om dit te maak!” – Kim Syster.

“Ek het lanklaas soveel vreugde en hartseer tegelykertyd ervaar oor ‘n werklik wonderlike fliek wat oor die wêreld heen uitgereik word. Bradley Olivier sou so trots gewees het op Frankie en Felipé. Vandag rou ek oor Bradley se skielike heengaan, maar vier ook sy uitsonderlike gees en kreatiewe energie.” – Danie Bester.

KYK: Amptelike voorskou – Frankie en Felipé

Lees ook: Ons laaste onderhoud met Bradley Olivier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

5 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.