Lof vir Frank Opperman se rol as Pa Lourens in Nêrens, Noord-Kaap stroom in, maar daar is een ding wat hy wil hê kykers moet weet: Hierdie reeks met sy twee dele was ’n reusespanpoging.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Nee, dit was asof daar tussen die opnames van Deel I en Deel II geen tyd verbygegaan het nie. Dit was die lekkerte van hierdie reeks. Dit was asof almal van ons so in ons karakters ingegly het en of ons meer gemaklik in hulle lywe was.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ek dink ons ken almal daardie omies. Daardie bedonnerde ou oom wat jy nie weet hoekom hy so suur is nie. Mense vind aanklank by iets wat hulle ken, en Pa Lourens is daai oom. Deesdae wanneer mense my voorkeer, vra hulle nie meer waar Ouboet se rooi sweetpak is nie, hulle vra waar is my kierie?
Wat baie met die karakter gehelp het, is dat ons vir sewe weke in Nieuwoudtville was – met net ’n kort vakansie tussen Kersfees en Nuwejaar – en dat ek as ’t ware die hele tyd die karakter kon wees. Ek het, byvoorbeeld, vir sewe weke lank kruppel geloop soos Lourens. Die tyd op Nieuwoudtville was wonderlik. Ek het dit verskriklik geniet, want ’n mens kry nie elke dag die geleentheid om vir so lank op een plek te skiet nie.
Dit was verskriklik lekker. Die Hollanders gee nie om waar jy skiet nie. Solank die span nie ’n oorlas van hulleself maak nie, kan jy doen wat jy wil. Dis nie soos in die Kaap waar jy ’n permit vir elke toneel wat jy wil skiet, nodig het nie. Die mense in Amsterdam het respek vir wat jy doen. Wanneer hulle verbyloop, sal hulle net hulle gang gaan en stil wees.
Om die produksie van Nêrens só af te sluit het dit nog meer spesiaal gemaak. Die lug daar is anders. Dit lyk anders. Wanneer jy na die tonele in Amsterdam kyk en dan sien jy weer die dorre aarde van die Noord-Kaap in ander tonele – dis baie spesiaal. En daardie finale skoot van pa Lourens op die bankie in Nederland…
Ek het een Saterdagoggend Nêrens gaan kyk en my pap gelag en pap gehuil. Ek het ook Amper, Vrystaat (met Milan Murray, Antoinette Louw en Cintaine Schutte en ook met Nico Scheepers as regisseur en skrywer) gesien wat oor drie susters gaan. Ek het ná ek Nêrens gesien het, vir Nico raakgeloop en gesê as hy ooit ’n toneelstuk skryf oor die ouers van hierdie lot, moet hy asseblief aan my dink. Ek is so bly ek het dit gedoen, want ’n jaar of wat later is ek gevra om ’n oudisie te doen vir Pa Lourens. Dit wys jou net: Mens moenie stilbly nie. En hou maar dop, Nico gaan nog eendag ’n Oscar wen. Ek is bereid om geld daarop te wed.
Ons het dit só beplan. As jy doodgaan, moet kykers vir hulleself kan sê die ou was nie so ’n groot k*k nie. Ja, hy is ’n harde ou, maar die meeste harde ouens het klein hartjies. Baie Afrikanermans is só.
Dis lekker, maar dis bietjie van ’n cheap thrill. Ek het by vanjaar se Aardklop ’n toekenning gekry vir my spel in Stinkhout, maar Wilhelm van der Walt, wat my seun speel, verdien dit net soveel. Daar is duisende goeie akteurs, maar ek wil sien hoe lyk Dustin Hoffman in 7de Laan. Jy is so lucky soos die woorde wat vir jou gegee word om te speel. Nico het die karakter Lourens vir my gegee, en as hy gelukkig is met my spel, dan is ek ook.
Ek is bly ek het gegaan, maar ek hou van hier. Ek moedig enige jongmens aan om te gaan kyk hoe hulle dinge daar doen. Jy kan altyd terugkom. Ek is nie een oomblik spyt ek het teruggekom nie, want as ek nie het nie, het ek nie my vrou, Esmarie, ontmoet nie en het ek nie my dogter, Ena, gehad nie. Ook om nader aan my seun, Frankie, te wees. Ek het my drome gehad, maar is tevrede met hoe die pad geloop het.
Ek dink almal se fokus. Dit was mal! Dis asof almal gesê het: “Hier gaan ons nou,” en toe die beste moontlike werk gelewer het. Hierdie het gegaan oor die eindproduk – nie oor enigiemand se ego nie. Almal van ons het mekaar die beste toegewens. Nie een akteur was daar vir hulleself nie. Nieuwoudtville het ook ’n groot rol gespeel. Die omgewing, die mense. Om nie in verkeer te sit op pad werk toe nie en net totaal en al te fokus op die produksie.
Die toneel tussen my en De Klerk [Andries] waar hy my [Lourens] kalmeer ná ek nie kon onthou nie. My lyf het so geruk, en hy druk my dan vas. Daardie toneel. Ek het sommer vir myself gehuil toe ek dit gekyk het.
Ja, ek kyk dit op Catch Up, maar episode 12 het ek die aand toe dit uitgesaai is, gekyk. Ek was nuuskierig om te sien hoe Nico die episode waar Lourens doodgaan, aanmekaar gesit het. Nico is ’n meester wanneer dit by emosie kom. Albert [Pretorius] en Daneel [van der Walt] laat my ook huil. Ronnie en Suzette is wonderlike karakters. En die toneel waar Frans [Geon Nel] met Ronnie in episode 12 praat. Ek huil lekker.
Enige ouer wens net geluk vir hulle kinders toe. Vir Frans wens ek dat hy nie soos Pa Lourens moet wees nie. Frans en Pa Lourens is die meeste soos mekaar, en dit is gewoonlik die een wat die meeste soos jy is, waarmee jy die meeste baklei. Vir Ronnie wens ek dat hy ophou suip. Albert het daardie rol so goed gespeel. Ronnie se probleme is real, en Albert het dit real gespeel. Andries [De Klerk] is die klein seuntjie, die laaste enetjie wat dalk net meer vryheid as die ander twee gehad het, en hopelik sal daardie vryheid bly.
Ek toer rond met die toneelstuk Reünie, wat Dana Snyman geskryf het. Ek en Dana werk al 20 jaar saam, en daar is planne vir ’n nuwe stuk later in volgende jaar. Reünie is ’n toneelstuk wat ek in ’n cooler box – van die skoolbaadjie tot die mikrofoon – kan pak en enige plek kan gaan opvoer. Dan is daar Stinkhout, wat by Aardklop debuteer het en volgende jaar na die ander feeste toe gaan. Ek hoop ook om volgende jaar meer musiek te maak.
Die lewe is onvoorspelbaar, en jy is maar net bevoorreg wanneer daar dinge na jou kant toe kom. Nêrens, Noord-Kaap was so ’n ding. Dit was my beurt om so ’n groot geskenk te kry. Ek het al ’n paar lekker dinge gedoen, maar Nêrens staan uit.
Nêrens, Noord-Kaap Deel II se laaste episode ooit wys vanaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.
Lees ook: Albert Pretorius gesels oor Ronnie se ‘merry-go-round’ in ‘Nêrens, Noord-Kaap’
Hierdie pap kan ook poeding wees dis sooo lekker!
Dié kosreeks, wat in die Overbergse stranddorp Struisbaai verfilm is, begin Donderdag 6 Februarie om…
Foto’s: Christoph Hoffmann. Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders.…
Ligte tot matige dehidrasie is in ’n warm land soos Suid-Afrika eintlik baie algemeen, sê…
Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.