kategorieë: Bekendes

Francois van Coke gaan pa word

Francois Badenhorst, beter bekend as Francois van Coke van die alternatiewe rockgroepe Polisiekar en Van Coke Kartel, het onlangs dié boodskap op Facebook gedeel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Daar is ’n klein Van Cokie oppad. Ek en Lauren is baie opgewonde om ouers te word van ’n dogtertjie! Sy kom in November en ons kan nie wag nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het in 2015 met Francois gesels oor die verskeie tatoeëermerke op sy lyf …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is die uittreksel soos wat dit in die Junie 2015-uitgawe van rooi rose verskyn het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Francois van Coke, rock-sanger

Francois Badenhorst (34) is die hoofsanger, liedjieskrywer en medestigter van die alternatiewe rockgroepe Polisiekar en Van Coke Kartel. Vir dié rocker lê sy lyfstempels dieper as veldiep. Sy lyf is vol tatoeëermerke van dinge wat vir hom belangrik is.

Sy vrou, Lauren, se naam staan op sy bors, sy ouers se geboortedatums op sy arm. (“Nou het ek geen verskoning om hul verjaardae te vergeet nie,” skerts hy.) Op sy ringvinger is ’n anker wat hy laat aanbring het nadat hy sy troupand verlê het. “Dié pand kan ek nie verloor nie, en ek hou in elk geval nie baie van juwele nie. Lauren het ook ’n anker op haar arm, hoewel sy steeds ’n troupand dra.”

Selfs sy bulhond Ringo se gesig is op sy lyf te sien, ook dié van die legendariese musikant Jimi Hendrix. ’n Skip op sy linkersy herinner hom daaraan dat hy altyd op pad is huis toe. Die omslag van ’n Van Coke Kartel-album lê op sy linkerarm. Dié ontwerp van Louis Minnaar is een van Francois se gunstelinge. ’n Ontwerp deur Merwe Marchand le Roux bedek sy regterskouer. Selfs Francois se gunstelingalbum, Queens of the Stone Age, is op sy arm verewig. Die een tatoeëermerk wat niemand ooit sien nie, is die Polisiekar-lyfmerk op sy bobeen.

“Ek het op drie en twintig my eerste tattoo gekry. Al is dit nie meer my gunsteling nie, is dit nou so deel van my soos asemhaal. Ek wou tattoos gehad het vandat ek na rockmusiek begin luister het, daar was selfs drome van ’n hele lyf vol tattoos. Die enigste rede hoekom ek dit nog nie bereik het nie, is ’n gebrek aan tyd! En eendag gaan ek nog by ’n winkel inloop en sommer ’n ontwerp van die muur af kies.”

Francois sê hy kry nie juis negatiewe kommentaar oor sy tatoeëermerke nie. “Ek dink tattoos is so deel van die populêre kultuur dat mense nie meer daaroor wroeg nie.”

Francois het pas sy eerste solo-album bekend gestel en het vir dié debuut saam met ou en nuwe vriende soos Jedd Kossew, Karen Zoid, Laudo Liebenberg, Hunter Kennedy en Arno Carstens gewerk.

“Ek dink dié CD is beslis anders as Van Coke Kartel en Polisiekar. Ek wou iets doen wat getrou aan myself is, baie persoonlik, en nie beperk tot ’n sekere musiekstyl nie,” sê Francois.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.