kategorieë: Bekendes

Francine Rivers se lewensverhaal

Sy het in ’n Christelike familie grootgeword, haar pa was ’n polisieman en haar ma ’n verpleegsuster. Maar, al het sy gereeld kerk- en jeugkampe bygewoon, het sy nooit werklik ’n konneksie met God ervaar nie. Na skool is sy universiteit toe waar sy Engels gestudeer het met Literêre Skryfwerk as hooffokus. Sy het altyd geweet sy wil skryf, maar sy was vir lank onseker waaroor. Dit was in die onstuimige sestigs in Amerika, toe die oorlog in Vietnam uitgebreek het en vrouebevryding en vrye liefde op almal se lippe was, dat Francine erken sy op baie daarvan ingekoop het. Sy het swanger geraak en ’n aborsie in die middel van die woestyn ondergaan. Die las op haar was oneindig swaar en sy onthou sy het in ’n stadium selfmoordgedagtes gehad (*die boek The Atonement Child is op haar aborsie en haar onstuimige lewe in daardie tyd gegrond.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Francine en haar man, Rick Rivers, het jare gelede besluit om na Noord-Kalifornië te verhuis. Hul huwelik was op die rotse en hulle wou ’n rustiger lewenstyl beoefen. ’n Eenvoudige uitnodiging deur ’n agtjarige seuntjie het ’n nuwe wêreld vir Francine (en haar huwelik), oopgemaak. Hy het aan haar deur geklop en gesê: “Have I got a church for you!” Francine het begin om God se Woord te leer, in te drink en na ’n geestelike transformasie het haar hele sienswyse verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Rick was aanvanklik nie baie ingenome met die gedagte om die kerk te besoek nie en Francine het besluit om die pastoor te vra of hy bereid sal wees om ’n Bybelstudiegroep by hul huis te begin. Sy het gedink: “As jy nie jou man kerk toe kan vat nie, bring die kerk na jou man toe.” Die Bybelstudiegroep is vandag nog deel van hul lewe en Rick lei dit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit was in die tyd dat sy die kerk en vir God leer ken het, wat haar skryfwêreld ’n splinternuwe rigting ingeslaan het. Redeeming Love (een van die wêreld se topverkopers en ’n gunsteling onder Christene), is gepubliseer na ’n jaar van intensiewe skryfwerk.

Na Redeeming Love het sy talle ander boeke geskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bekende boeke deur Francine Rivers

Verlos deur die Liefde/Redeeming Love
The Atonement Child/’n Kind van versoening
And the Shofar Blew/En die ramshoring het geblaas
Marta’s Legacy/Marta se nalatenskap
Her Mother’s Hope/’n Ma se hoop
Die Begenadigdes
Sons of Encouragement/Manne wat bemoedig
Leota’s Garden/Leota se Tuin
A voice in the wind/’n Stem in die wind
An Echo in the Darkness/’n Eggo in die duisternis
As Sure As Dawn/So seker as wat die dag breek

* Lees ook ons onderhoud met Francine Rivers tydens haar besoek aan Suid-Afrika.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

14 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

15 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

15 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

17 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

19 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.