Bestanddele
- 3 eiers
- 60 ml (¼ k) room
- 80 ml (1/3 k) xylitol
- 80 ml (¼ k) klappermeel
- 80 ml (¼ k) amandelmeel
- 125 ml (½ k) vars of bevrore frambose
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Voer ’n kolwyntjiepannetjie met 8 kolwyntjiepapiertjies uit.
- Klop die eiers, room en xylitol tot lig en donsig.
- Meng die klapper- en amandelmeel by die eiermengsel in. Roer die frambose by.
- Gooi in die kolwyntjiepannetjie en bak vir 25-30 min. tot goudbruin.