Framboos-botterbroodjies. Resep deur Vickie de Beer. Foto deur Dawie Verwey
Framboos-botterbroodjies
Framboos-botterbroodjies
Ingredients
- • 430 ml (1¾ k) koekmeel
- • 15 ml (1 e) bakpoeier
- • ’n knypie sout
- • 250 ml (1 k) room
- • 2 groot eiers
- • 250 ml (1 k) frambose
- • melk om mee te verf
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit of spuit met kleefwerende kossproei.
1 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak.
2 Klits die room en eiers saam. Voeg saam met die frambose by die droë bestanddele en gebruik ’n paletmes om die roommengsel in te sny.
3 Bring die deeg bymekaar en keer op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk dit effens plat. Druk die botterbroodjies met ’n ronde 5 cm-koekiedrukker uit.
4 Rangskik op die voorbereide bakplaat en verf die bokant met ’n bietjie melk. Bak vir 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.
5 Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.
6 Sit met dubbeldikroom en tuisgemaakte konfyt voor.
Resep: Aarbei-en-vanielje-konfyt
Lees ook: