kategorieë: Ons menseBekendes

Fraksie: Skitter-rolverdeling vir nuwe kykNET-drama

Fraksie is die werk van die skrywers en vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman wat vir treffer-reekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif verantwoordelik is. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling met bekroonde spelers soos Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Schalk Smit, gespeel deur Edwin van der Walt, is ’n beleggingsbestuurder met drome om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Hy is getroud met Nina (Roeline Daneel), wie se ma, Deidré (Hélène Truter), uit ou geld kom. Nina se pa, Willem (André Jacobs), is ’n onkoloog en haar suster, Bianca (Daneel van der Walt), ’n narkotiseur. Schalk en Nina het twee tienerkinders, Zac (Alex van Dyk) en Mari (Jana Malan).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die hoofkarakter, Schalk Smit, is meer van ’n anti-held,” sê Louis. “Alhoewel dit met tye nie maklik is om van die karakters te hou nie, hoop en glo ek kykers gaan nie anders kan as om van hulle te hou nie. Die reeks speel af in Stellenbosch, wat met sy geskiedenis en ou geld deesdae die tegnologiese hoofstad van Suid-Afrika is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tim (Marlo Minnaar) is ’n dosent in rekenaarwetenskap in Pretoria en is onlangs met Chantel (Crystal Donna Roberts) getroud. Hy het in sy vrye tyd die QPI (Quick Payment Interface) ontwikkel en is op soek na ’n belegger daarvoor.

Jana (Trix Viviers) is ’n kommersiële prokureur en was saam met Schalk en Tim op skool. Sy het ses maande tevore Stellenbosch toe getrek en haar man, Alwyn (Sean Marco Vorster), en dogter, Emmy (Rizane Rossouw), in Johannesburg agtergelaat. In Stellenbosch ontmoet Jana egter vir Jack (Duane Williams) wat probleme in haar en Alwyn se huwelik veroorsaak.

Ander spelers in die reeks is Melt Sieberhagen as Henk, ‘n IT-spealis met ’n moeilike verlede, en Brendon Daniels as Donovan, ’n geleentheidsbeplanner en Henk se huismaat. Ilse Klink is Judy, Chantal se ma, en Gerwen Simon is Anél, haar suster. Ook te sien is Natalia Da Rocha as Jack se ouma, Lee-Ann van Rooi,en Pierre van Pletzen as Schalk se baas by T&M Holdings en Hendrik Nieuwoudt as Henk se seun, JP.

“Elkeen van die karakters het hulle eie lewe gekry soos ons die reeks ontwikkel het,” sê Louis. “Behalwe vir die tema rondom die Schalk-karakter, is daar ander kwessies soos tweede kanse, kinders en hulle verhouding met hulle ouers en die uitdagings in huwelike.

Lees nog: Netflix stel binnekort eerste Afrikaanse reeks internasionaal vry

Die reeks bestaan uit sewentien episodes. “Die episodes word aaneen uitgesaai, maar is as’t ware twee mini-reekse,” verduidelik Louis. “Die eerste agt episodes wys hoe QPI opgebou word en die laaste nege wys hoe dit, én die mense betrokke, verder ontwikkel.”

Hy en Albert is in hulle skik met die rolverdeling. “Daar is heelwat produksies wat die afgelope tyd verfilm is en dit was ’n uitdaging om almal vas te maak vir die onderskeie rolle, maar ons glo ons het ’n fantastiese rolverdeling bymekaar gekry. Ek hoop en glo dat kykers die reeks soveel gaan geniet soos wat ons dit geniet het om dit te maak.”

*Fraksie word vanaf Dinsdag 13 September 20:00 op kykNET (DStv-kanaal) uitgesaai.

Foto: Verskaf

Lees nog: Vrouemaand: rooi rose-voorbladsterre vertel wat dié maand vir hulle beteken

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur
Tags: Ludikkyknet

Onlangse plasings

Haal die ‘worrie’ uit ‘Janu-worrie’

Ná die reën wat die land oor die laaste twee maande beleef het, is daar…

10 hours Gelede

Blitsvinnige spek en groente quiches

Spek-en-groente-quiches in ’n japtrap!

10 hours Gelede

Altvest maak China se VC-mark oop vir Suid-Afrikaanse beleggers

Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…

13 hours Gelede

Suurlemoenlimonade

Maak nou die heerlikste koel drankie!

1 day Gelede

‘Skemergrond’: Maak jou gordel vas vir hierdie dramatiese wendings in Februarie

Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…

2 days Gelede

Italiaanse tamatiepasta

Genoeg vir 4.    Bestanddele   ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.