kategorieë: FiksheidGesondheid

Foute wat jy in die gim maak wat jou tyd mors

Foute wat jy in die gim maak wat jou tyd mors deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

So mors jy tyd in die gim

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het ’n uur om te oefen, maar gebruik jy werklik jou tyd slim? Hou volgende keer boek en kyk hoeveel van die 60 minute jy werklik oefen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meningsopnames wat in ’n gimnasiumgroep onder duisend van sy lede gedoen het, het getoon dat die tipiese gimlid maklik 21 minute van sy uur in die gim mors, en net 39 minute werklik oefen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vermy hierdie 5 dinge in die gim

  1. Gekoekte kabels: Tot 55% van lede mors tyd deur met hul oorfone te vroetel, kabels te ontkoek en die regte musiek op hul iPod of MP3-speler te soek. 30% sê hulle staan tot 10 minute hieraan af.
  2. Geselsies: 32% sê hulle onderbreek gereeld hul sessie om met ander gimgangers te gesels.
  3. Selfoonobsessie: Heelwat mense hou hul oog op hul foon vir boodskappe, e-posse en oproepe.
  4. Te stadig: As jou gimsessie uit 45 min. se loop op die loopband, of trap op ’n fiets bestaan terwyl jy ’n boek lees, mors jy tyd. Probeer intervalsessies.
  5. Maatjie vir ’n praatjie: As jy en ’n maat saam oefen, is die versoeking groot om ’n bietjie te gesels. Maak seker julle is albei gefokus op die sessie en hou die geselsies vir anderdag.

Doen hierdie 12 dinge in die gim en spaar tyd

  1. Vul jou waterbottels voor die tyd.
  2. Trek voor die tyd aan, of maak seker dat jy so min moontlik tyd hieraan afstaan. Stel jou stophorlosie op jou selfoon en kyk of jy jou tyd kan verbeter.
  3. Soek intervalprogramme op die Internet. Lank en stadige oefen het sy plek, maar as jy min tyd het, gaan jy veel meer uit intervalsessies put (bv. treadmill walking workouts; 4 stationary bike workouts that burn fat).
  4. Pak die vorige aand jou gimsak. Niks is so frustrerend soos om by die gim agter te kom jy het jou skoene vergeet nie.
  5. Gebruik jou tyd. As jy vroeg vir ’n klas is, begin opwarm deur op die loopband te stap of fiets te trap.
  6. Kry ’n plan. Vra een van die giminstrukteurs om jou te help met oefeninge, bespreek een sessie by ’n afrigter, of google oefenprogramme sodat jy presies weet wat jy doen voor jy instap.
  7. Doen dit reg. Verkeerde tegniek kan die oefening ondoeltreffend en selfs gevaarlik maak. Doen jou navorsing by die huis oor wat die regte manier is om die oefening te doen. Daar is talle goeie video’s wat wenke gee oor hoe jy ’n oefening moet doen.
  8. Te veel ruskansies. Die idee is om jou hartklop hoog te hou, maar as jy heeltyd stop om te vroetel, jou bottel te vul, of sukkel om te verstaan hoe jy die oefening moet doen, daal jou hartklop keer op keer.
  9. Probeer Tabata. Dis een van die mees algemene hoë-intensiteit-intervaloefenstyle. Die hele sessie duur net vier minute: agt rondtes van 20 sekondes se oefen, gevolg deur 10 sekondes se rus. ’n Japanner, prof. Izumi Tabata, het dié metode ontwikkel toe hy navorsing gedoen het oor oefenmetodes vir die Japanse Olimpiese snelskaatsspan. Sy navorsing het gewys dat hoë-intensiteit-intervaloefeninge soos Tabata, aërobiese sowel as anaërobiese kapasiteit met 28% kan verhoog. Dus verbrand dit vet, verhoog krag en verbeter die kardiovaskulêre stelsel. (google: Tabata exercises that work.)
  10. Los die masjiene. Oefenmasjiene is ideaal as jy spesifieke spiergroepe wil oefen, maar jy kan meer uit jou tyd kry as jy oefeninge doen waar jy meer spiergroepe gebruik. Kragoefeninge soos gewigte bied ook waarde vir jou tyd. Vra ’n oefeninstrukteur om jou leiding te gee. (Voorbeelde van oefenprogramme wat meer spiere gebruik: 30 minutes full body dumbbell burner workout for strength & cardio; 40 minute full body dumbbell split circuit workout for strength & cardio; Full body circuit training with Stephanie: part 1.)
  11. Stort by die huis. As jy ná werk oefen, is dit die moeite werd om eerder by die huis te stort. Neem ’n droë T-hemp saam sodat jy nie nat en sweterig voel nie. Gebruik gesigdoekies om jou gesig ná ’n oefensessie skoon te vee om verstopte porieë te keer.
  12. Hou droë sjampoe in jou gimsak sodat jy nie elke keer jou hare hoef te was en blaas nie.

Hooffoto: Jonathan Borba van Pexels

Vir nog goeie motivering en raad, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.