kategorieë: Blogs

Foto’s

Niks is romantieser as om ‘n silwer hartjie om jou nek te dra met foto’tjies van jou en jou geliefde nie, het ek as tiener geglo. As jy jouself wou opkikker, kon jy die hangertjie daar en dan oopmaak en ‘n bietjie dagdroom. En kom jy in ‘n ongeluk om, sou die omstanders dadelik weet jy “behoort” aan iemand. Dit sou die regte soort tragiek aan die aangrypende gebeure verleen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag is verliefdes steeds behep met foto’s. En daar is soveel meer van die goed. (Foto’s, meen ek.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om ‘n kykie te kry in die lewe van iemand wat haar hart vinniger laat klop, is ‘n hoërskoolmeisie nie meer afhanklik van skelm kykies na foto’s in die jaarblad nie. Met ‘n paar klieke besoek sy die hartebreker se Facebook-blad – of dié van sy pelle – vir ‘n uitgebreide fotoverslag van sy kom en gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe fotografie nog in sy kinderskoene was, was dit ‘n heel ander storie. Een van die baanbrekers wat dié kuns ernstig opgeneem het, was die Britse wiskundige Charles Dodgson (1832-1898). Hy was beter bekend as Lewis Carroll, skrywer van Alice’s Adventures in Wonderland en Through the Looking-Glass.

Die eksentrieke Charles, wat nadoods van allerhande dinge verdink is omdat hy graag (onder andere) dogtertjies afgeneem het, het begryp dat ‘n foto-oomblik omsigtig benader moes word. Die foto’s wat hy geneem het, is stemmingsvol en verbeeldingryk. Hy het waarskynlik verstaan wat ene Diane Arbus bedoel het toe sy geskryf het: A photograph is a secret about a secret. The more it tells you, the less you know.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Of dit waar is, weet ek nie. Versluier ‘n foto geheime?

Miskien hang dit af van die een wat kyk. Die meisie wat haar hangertjie oopmaak om sag aan die beeld van haar geliefde te raak, is reeds in Wonderland. Mag sy slim genoeg wees om dag vir dag met wakker oë na die foto én die man te kyk. Dalk, net miskien, sien sy helder genoeg om ’n gedeelde wêreld anderkant "the Looking-Glass" te ontdek.    

Meer foto’s van Charles Dodgson te sien by www.amadelio.org/volumes_entries/fine_art_directory/lewis_carroll_fine_art1.html

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

3 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

4 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

4 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

4 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

4 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.