Ilse Salzwedel gesels in die Junie 2017-uitgawe van rooi rose met hierdie drie bekende musikante. Elkeen van hulle het hul ervaring van pa-wees met haar gedeel. Lees die volledige artikel op bl. 38.
Ons kyk hier na ’n paar van hul gunstelingfoto’s van hul kleingoed.
Jay en Joshua na die reën se foto’s: Twitter, Facebook en Instagram. Hunter Kennedy se foto’s: verskaf.
Jay
Jay (oftewel Jaco du Plessis) het vier seuns – Samuel, Jamie, Luka en Aiden. Hy beskryf hulle as kinders wat elkeen hul eie, unieke persoonlikheid het.
“Pa-wees is ongelooflik! Daar is niks soos ’n drukkie van jou kind as jy by die huis kom en hy sê vir jou dat hy jou gemis het nie.”
Jay het onlangs hierdie foto op Twitter gedeel en daarby gesê #NewProfilePic.
#NewProfilePicpic.twitter.com/UXTLBIsPrG
— JAY (@Jay_du_Plessis) April 6, 2017
Joshua na die reën
Joshua na die reën se dogtertjie, Anán, is omtrent die appel van haar pa se oog. Kyk net hierdie skattige foto’s wat hy op Instagram gedeel het!
Hunter Kennedy
Hunter, kitaarspeler vir Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties, en sy vrou, Nelia, se skattige dogtertjie, Maria, is 18 maande oud.
“Selfs geharde rockers word klei in die hande van hul kinders.”
Kyk net hierdie foto’s!