jy benodig 20-24 boodskappies in lang stroke geknip
asetaatvel, of ’n ou plastiekdeksel vir die templaat
Instructions
Sif die kakao en koekmeel saam in ’n middelslag-mengbak en hou byderhand.
Room die botter en die versiersuiker tot lig en romerig in die bak van ’n elektriese menger met die pedaal-aanhegsel, of met ’n handklitser.
Voeg die eierwitte een vir een by en klits baie goed ná elke toevoeging. Skraap die kante van die mengbak af indien nodig. Meng laastens die meel en kakao by en meng deeglik tot die deeg glad en sag is. Bedek met kleefplastiek en sit vir minstens ’n uur in die yskas. Sny ’n sirkel van 8 cm in deursnee uit ’n plastiekdeksel van ’n ou roomysbak, of gebruik asetaatvel. Dit gaan gebruik word as templaat vir die tuile.
Verhit die oond tot 200 ˚C. Hou jou boodskappies byderhand.
Sit die templaat op ’n bakplaat wat met bakpapier of ’n silikoonmatjie uitgevoer is. Smeer ’n baie dun lagie van die tuile-deeg in die sirkel en skraap die ekstra deeg af sodat dit baie dun is. Doen slegs 2 op ’n bakplaat en bak vir 3 min.
Sodra dit uit die oond kom
Plaas die strokie papier met die boodskap in die middel van die sirkel en vou versigtig tot in die helfte en vou dan weer oor in die helfte om ’n fortuinkoekie te vorm. Werk vinnig, want die tuille word hard en kraak wanneer jy dit probeer buig.